Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News, Misty Waters Music Festival

Misty Waters: Wat om te verwag

Misty Waters Music festival is 6 jaar oud.

Hierdie tyd van die jaar is altyd opwindend wanneer ons oor Misty Waters Music Festival kan praat. Vir die mense wat vergeet het, of dit dalk gemis het, gaan kyk gerus na die feestelikheid en lekker kuier van verlede jaar.

Met ʼn optredelys soos die een wat ons alreeds bekend gemaak het, (om te sien wie optree gaan kyk op die skakel onderaan) beloof hierdie jaar om selfs groter en feesteliker te wees. Kry solank die litte los, want geruk en gerol gaan daar beslis word. Met swaargewigte soos Fokofpolisiekar, The Narrow, Bittereinder, Springbok Nude Girls, Karen Zoid, en nog vele meer gaan niemand vroeg slaap nie.

En op daardie trant, .. net ʼn kort loopafstand van die feestelikheid is akkommodasie wat enige “festie” sal gelukkig maak. Bowenal kry jy ook hierdie jaar, twee feeste vir die prys van een. Die Misty Waters Fringe Festival begin alreeds die Woensdag, 26 April, by verskeie kuierplekke op die waterfront. Om die ys in die glas te gooi (punn intended), is ingang by hierdie plekke heeltemal, totaal en al, gratis en verniet. Jy kan nie ʼn verskoning uitdink hoekom jy nie vir vyf dae aaneen na eg Suid Afrikaanse kunstenaars kan luister nie. Van Woensdag tot Donderdag kuier jy met komplimente van Lake Umuzi Waterfront. Dit sal jou in die luim bring vir die grootkannon, Misty Waters Music Festival homself. Misty Waters skop Vrydag, 28 April af en eindig op Sondag, 30 April.

Voordat my ys uit my glas skud van opgewondenheid, laat ek eers verder verduidelik van blyplek.

Vir die geharde feesgangers is daar die opsie van “algemene – kampering”. Hier slaan jy jou tent op gras op en slaap ʼn paar meter van die verhoog af. Jy het steeds toegang tot skoon ablusies en warm water. Onthou net dit werk op ʼn eerste daar, eerste gebruik basis. As hierdie jou keuse is, wees vroegtydig daar. Hierdie kampering is ingesluit in jou toegangskaartjie. As jy hou van kamp, maar verkies om ʼn toegekende spasie met ʼn kragpunt en kraan te hê, is daar Kamp Oase. Hier bespreek jy ʼn kampeerstaanplek teen R1200 vir die hele naweek. Soveel vriende as wat saam met jou daar wil kuier is welkom, onthou net dat een voertuig per staanplek toegelaat word. Beter nog, los jou voertuig in die parkeer area en maak spasie wil dansende voete. Dit raak net beter. Die feesgangers wat Misty Waters Fringe Festival gaan bywoon kan Woensdag en Donderdag komplimentêr in Kamp Oase bly. Waar in die hele Suid Afrika gaan jy weer so gelukkig wees?

Natuurlik is daar van die feesgangers wat nie ingestel is op kampering nie. Vir julle is daar ook plek. Ongelukkig is die chalets by Umuzi Lodge reeds volbespreek. Vir slegs R30.00 per persoon meer as wat jy sou betaal vir ʼn chalet kan jy by InnGreen Eco Friendly Hotel slaap. Inn Green Eco Friendly Hotel is tussen die venues waar die fringe festival gaan plaasvind. Weerskante is eish! restaurant en Zebra’s en bokant eish! restaurant  is Upstairs Sky bar. Dus kan jy eet, kuier, musiek luister en slaap, slegs enkele meters van mekaar. Dan is daar nog The Merchant Bussiness Class Hotel. Hier is ruim dubbelkamers wat ook ontbyt insluit, en net soos die ander plekke is dit ook ʼn kort stap afstand van beide feeste.

Wanneer jy jou akkommodasie bespreek, kry jy jou toegangskaartjie by, dus hoef jy nie ʼn kaartjie te koop nie. As jy goeie raad wil hê, bespreek jou slaapplek vroegtydig. Indien omstandighede jou weerhou om te bespreek voor al ons kamers vol is, kan jy altyd in een van Secunda se vele gastehuise tuis gaan. Onthou net dat jou feeskaartjie nie by enige ander akkommodasie as die van Lake Umuzi, soos hierbo genoem, ingesluit is nie.

Om jou Misty Waters toegangskaartjie te koop, kan jy die skakel hieronder gebruik. Onthou net dat jou toegangskaartjie na die Misty Waters fees, nog tot 31 Maart teen R590.00 te koop is. Daarna sal dit met R100.00 per kaartjie per maand opgaan. Hierdie toegangskaartjie sluit jou algemene kampering in.

Datums, pryse en adresse:

Misty Waters Fringe Festival: 26 April – 28 April 2023
Gratis toegang na die venues waar die optredes is.
Venues sluit in: Eish restaurant, Upstairs Sky Bar and Zebra’s.
1 Kiewiet Street, Lake Umuzi

Misty Waters Music Festival: 28 April – 30 April 2023
Algemene kampering is ingesluit by kaartjiepryse
1 Maart tot 31 Maart R590.00
Vanaf 1 April R690.00
1 Kingfisher Street, Lake Umuzi South Bank.

Belangrike ingligting:
Alle kampeerders kan al van Woensdag die 26ste April inkom en bly tot Maandag 1 Mei. Ons vra nie vir jou geld vir die ekstra twee dae nie. Dus is dit 5 dae vir die prys van 3.

Indien jy enige navrae het algaande die akkommodasie, kontak ons op die volgende nommers of stuur (verkieslik) ʼn epos.

Tel: +27 (0)17 631 3452
Tel: +27 (0)17 631 3441
Tel: +27 (0)17 631 3506

Email: [email protected]

Address: 1 Kiewiet Str, Secunda, Mpumalanga

author-avatar

About Alma Swart

Alma Swart is ʼn entoesiastiese aspirantskrywer wat enkele kortverhale gepubliseer het. Haar agtergrond strek van dramaprojekte met tieners vir die gewilde fliek Klein Karoo asook die betrokkenheid by feesbeplanning vir die KKNK en InniBos. Deesdae is sy deel van die Lake Umuzi feesspan waar haar passie vir beplanning en mense uitgeleef kan word.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *