Blog, Lake Umuzi News, Restaurants

Joshua na die Reën by Eish!!

Jacques de Villiers, meer bekend as Joshua na die Reën (JNDR), is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer en musikant. Die talentvolle man het groot geword op ‘n plaas in Walkerville-omgewing, tussen Johannesburg en Parys. Dit is ook op dié plaas waar van sy musiek videos afspeel, onder andere Hardloop in die veld en Lig op die horison.

Dié verhoogkunstenaar het sy formele opleiding in 2010 voltooi by die Universiteit van Tshwane en is as top Jazz student aangewys. Hy het sy eerste album in 2013 vrygestel genaamd Joshua na die Reën en sy tweede album in 2016 – Die wêreld binne my.

De Villiers gaan Eish!! kliënte op 8 Junie bekoor met sy musiek wat handel van vrolik tot diep en sielvol.

PJ Pretorius gaan voor en na JNDR sing. Kaartjies beloop R120 per persoon en is te koop by Eish!! South African Kitchen.

Tafel besprekings kan ook gemaak word teen R1000 vir 6 persone (sluit 3 Baskets in) of R1300 vir 8 persone (sluit 4 Baskets in).

Verdere navrae kontak Eish!! – 087 701 0919

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *