Blog, Lake Umuzi News

Jo Black 4 November by Eish!!

Jo Black tree komende Sondag op by Eish!! South African Kitchen.  Jo sou aanvanklik 4 Oktober by Wyn-Inni-Tyn optree , maar moes ongelukkig die optrede uitstel as gevolg van ‘n noodoperasie wat hy in September ondergaan het.  Die operasie was ‘n groot sukses en Jo is baie positief oor sy herstel.

Voor die operasie was sy mediese span bekommerd dat sy stem aangetas sal word. Gelukkig vir sy aanhangers gaan die rasper-stem hom nie so maklik laat onder kry nie.  Jo het vroeër die maand weer begin met optredes en sy stem is net so helder soos vantevore.

Rolin Booysen het ‘n telefoniese onderhoud met Jo gevoer. Op haar vraag of hy soos tevore kitaar sal kan speel op die verhoog, het hy met sekerheid gesê hy gaan beslis Sondag, 4 November sy kitaar vir die Eish!! gehoor kan tokkel sonder enige probleem.

Alhoewel Jo besef daar lê nog ‘n lang rehabilitasiepad voor, erken hy opgewonde dat hy elke dag sterkter voel en hoop om teen Januarie ten volle herstel te wees.

Op die vraag hoe hy voel dat Suid-Afrika hom vernoem het as ons eie George Clooney, sê hy skaam dat hy dit nie self so sien nie, maar voel wel gevlei dat mense so dink.

Jo is gevra wat hy vir sy aanhangers in Secunda wil sê?

“As jy musiek op ‘n driedimensionele vlak wil ervaar, maak seker jy is by Eish!! op 4 November.”

Alhoewel Eish!! se onderstedek, waar Jo se optrede gaan wees, reeds twee weke gelede uitverkoop is, sal daar op 4 November kaartjies beskikbaar wees vir die boonstedek, mits dit ‘n mooiweersdag is. Eish!! wil graag hê elke persoon wat vooraf kaartjies gekoop het moet die optrede ten volle geniet. In die geval van reënweer, sal die kantseile ongelukkig toegemaak moet word wat dan die ander dekke se sig gaan belemmer.

Vir enige navrae kontak gerus 087 701 09019/ 017 634 5980/ 082 554 6327.

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *