Blog, Lake Umuzi News

Jo Black, Wyn-inni-tyn??

Weens die skokdiagnose wat Jo Black ontvang het en die operasie wat hy 26 September moet ondergaan is dit tot ons groot spyt om aan te kondig dat Jo nie by vandeesjaar se Wyn-inni-tyn sal kan optree nie. Daar is wel lig aan die einde van die tonnel en Jo het ingestem dat hy na Lake Umuzi sal kom die oomblik wanneer hy weer reg is om te sing. As alles reg loop met sy operasie gaan hy op Sondag, 4 November op Eish!! se dek te sien wees. Meer inligting oor die optrede sal volg.

Wat dan nou van 4 Oktober se Wyn-inni-tyn?

Na baie versoeke het ons gehoor gegee aan die massas en Radio Kalahari Orkes (RKO) gekry om Jo se plek te kom inneem. RKO is ou bekendes by Lake Umuzi en verseker altyd ‘n groot makietie.

Wyn-inni-tyn gaan steeds voort soos beplan. Donderdagaand vanaf 18:00 begin die aand met die Franse klanke van Phillipe Abalovi en word afgesluit met die alom bekende Ian Roberts aan die stuur van RKO.

Radio Kalahari Orkes

Vrydagmiddag vanaf 14:00 begin die wynproe. Toegang is GRATIS. Vir die wat graag wil wynproe is dit slegs R50 per persoon wat ‘n glas, ‘n “Nip ‘n Sip” bordjie en 25 wynproekaartjies insluit. Hier word twintig wynplase verteenwoordig met meer as sewentig verskillende wyne om van te proe.

KWV gaan Boesies Restaurant se Wilgebome langs die onderste dam omskep in ‘n KWV Boulevard. Hier gaan hul beroemde brandewyne beskikbaar wees asook boetiek- bier, gin en rum. In die Boulevard gaan Stef Kruger en Petronel Baard die feesgangers vermaak met ‘n verskeidenheid van oorspronklike staaltjies en liedjies.

‘n Verskeidenheid van gourmet kosstalletjies gaan op die feesgronde wees om te sorg vir iets te ete. Genadeplaas gaan hulle smullekker disse voortsit, Ocean Basket met hulle heerlike sushi, Eish!! met hul mond-water pizza’s, Prost met egte Duitse disse, en dit is maar net om ‘n paar te noem.

Vrydagaand om 18:00 maak die Marquee oop vir diegene wat dag-en-aandkaartjies aangeskaf het. Dit is waar Adam Tas gaan sorg vir die aand se vermaak.

Saterdag om 11:00 gaan die makietie voort vir wyn-fanatikuste wat nog nie al die wyne geproe het nie; – onthou daar is meer as sewentig! Saterdagaand word die vierde Wyn-inni-tyn afgesluit deur Jannie Moolman vir die wat waardering het vir die fyner goed in die lewe.
Wyn in die tuin is altyd ‘n hoogtepunt op enige sosiale kalender, vra gerus vir mense wat vorige jare daar was watse groot partytjie dit is!

Wat doen ek met my kinders?

Boesies bied kinderoppasserfasiliteite aan teen slegs R50 per kind per aand, dit sluit ‘n ete in. Bespreek asseblief vooraf by Elmarie – 082 461 3821
Kom kuier saam in die tuin met ‘n wyntjie – jy weet jy wil!

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *