Blog, Events @ Lake Umuzi

Lake Umuzi Waterfront bied aan “Klassieke Sondae”

Geniet die fyner dinge van die lewe met Klassieke Sondae, maandeliks by Lake Umuzi. Al ooit gewonder wat om Sondae na kerk te doen…

Klassieke Sondae word so ingeruim dat Kerkgangers eers die Eredienste by hul onderskeie gemeentes kan bywoon en voor middagete die keur van Afrikaanse Klassieke sang kan geniet. Boonop is daar tyd vir die inwoners van die omliggende omgewing, soos Standerton, Ermelo, Bethal en Evander om deur te ry vir die Sondag, laat oggend vermaak.

Suid-Afrika se eie Pavarotti, Kevin Leo is eerste aan die beurt op Sondag, 5 Mei om 11h00, gevolg deur die geliefde tenoor, Jannie Moolman op Sondag, 2 Junie. Liedjieskrywer, sangeres en aktriese Anna Davel, is Sondag, 30 Junie op die verhoog. Voormalige lid van Romanz en Gospel sanger, Adam Barnard, bring hoop vir die nuwe seisoen op Sondag, 1 September en op Sondag, 17 November sluit die Portugese legende Manuel Escorcio, 2019 af.

Die vertonings vind plaas op die onderste dek by Lake Umuzi tussen Eish!!, Dros en Ocean Basket met Bosveld Lapa net ‘n paar tree verder.

Musiek liefhebbers hoef nie te vrees nie, Lake Umuzi het besluit om die tradisionele borgskap van die Umuzi Week van Feeste oor die jaar te versprei, om die musiek kultuur van Secunda en omgewing te versterk. Klassieke Sondae se vertonings is dus gratis en almal is welkom.

Klassieke Sondae is die ideale tyd om Moeders af te gee en om bietjie met die familie uit te kom. Met restaurante om van te kies en keur, is daar geen rede om tuis te bly en kla dat daar niks in Secunda te doen is nie.

Klassieke Sondae Konserte lake Umuzi

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *