Blog, Misty Waters Music Festival

‘n Woord van die organiseerders van die Misty Waters MusiekFees

Ons het al verskeie navrae gehad van mense wat verneem na dag kaartjies na Misty Waters 2019. Veral mense wat nie normaalweg na Rock, Blues en Folk musiek luister nie, maar wel al van een of twee van die name wat optree, gehoor het en slegs hulle wil sien optree. Ons sou egter graag wil sien dat mense die Visuele en Klank Skouspel van soveel van die 27 Bands as moontlik kan ervaar.

Daarom werk ons jaarliks hard daaraan om die prys so laag as moontlik te hou sodat die Misty Waters Naweekkaartjie goedkoper is as meeste ander soortgelyke Feeste se dagkaartjies. Verlede jaar was daar Gautengers wat nie kon glo hoe goedkoop dit was nie. Dis verblydend om te sien hoeveel mense wat verlede jaar van ver gekom het om die Fees by te woon, besluit het om weer terug te keer, selfs van so ver as Washington DC, VSA.

Die gedagte is om ‘n Rockfees te bou wat oor die langtermyn kultus status bereik en mense van oral oor na Secunda kan bring. Die korttermyn getalle is dus van mindere belang en moet ons sekere besluite neem wat vir sommige mense onnodig mag lyk. Ons fokus is om feesgangers wat die hele naweek wil geniet, die beste moontlike waarde te bied.

Die sekuriteit van die feesganger wat die naweek kamp, is vir ons ook baie belangrik en beheer in die verband word natuurlik deur die dag besoekers bemoeilik. Daarom is dagkaartjies as ‘n reël nie beskikbaar nie.

Natuurlik, die heel beste manier om die fees te geniet soos die mense van die 60’s en 70’s, is om ‘n tent op die feesterrein op te slaan. Vir ‘n paar rand meer kan ‘n staanplek met eie krag en braaier bespreek word by Lake Umuzi Kamp Oase. Ons is bevoorreg dat die Chalets en amper al die Hotel akkommodasie op die Waterfront reeds vol bespreek is. Ons verwelkom dit as ander Gastehuise ook voordeel trek deur Misty Waters Naweek pakkette aan te bied.

Plaaslike mense wat by hul huise wil slaap, kan met die naweekbandjie kom en gaan soos hul wil, (jammer geen koelbokse nie), solank hul gereël het vir ‘n “designated driver”.

Ons besef terdeë dat Rock, Blues en Folk nie almal se “cup of tea” is nie en niks is meer frustrerend as om na die “boem-boem” in jou huis te luister terwyl ander partytjie hou nie. Daarom is die verhoog so gebou dat dit wegspeel van die dorp in die rigting van die begrafplaas.

Kaartjies vir die laatslapers sal slegs nog te koop wees by die hek , Vrydag vanaf 10h00 tot 21h00, Saterdag vanaf 10h00 tot 15h00 en Sondag vanaf 10h00 tot 13h00. Slegs mense met Feesbandjies sal buite dié tye toegelaat word om in te kom.

Toegang vir voorskool kinders onder 7 is gratis, skoolkinders 7 tot 17 jaar is R290 per kind en 18 jaar en ouer is R390 per persoon vir die naweek. ‘n Beperkte getal dagkaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R250 per persoon vir almal bo die ouderdom van 6 jaar.

Vir meer inligting oor al 27 van Suid-Afrika se beste Rock, Blues en Folk bands, besoek ons op https://old.lakeumuzi.co.za/misty-waters-music-festival/ en koop betyds aanlyn

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *