Blog, Misty Waters Music Festival

Misty Waters 2019 is op ons!!

Misty Waters 2019 is op ons en vandat die eerste band, ZEBRA Vrydag 17h00 afskop totdat die gewildste band op die oomblik Spoegwolf, Sondag om 19h00 afsluit, sal 27 van ons land se beste Rock, Blues en Folk kunstenaars die verhoog aan die brand hê.

Die plaaslike gunsteling Saarkie, tree Vrydag om 19h00 op, gevolg deur ALBERT FROST as deel van die 6 bands vir die dag.

Saterdag begin die optredes om 12h00 met 12 bands wat die verhoog deel, waarvan The Black Cat Bones, Fokofpolisiekar en Straatligkinders vanaf 19h00 sekerlik die hoogtepunt is.

Sondag begin die aksie om 11h00 en sluit af met Spoegwolf om 19h00.

Dagkaartjies is by die hekke beskikbaar teen R250 per persoon, maar die beste waarde vir geld is R390 vir die hele naweek. Met die naweekpas kan daar gekom en gegaan word soos dit wil. Alhoewel van die bands minder bekend is, sal feesgangers verbaas wees met die audiovisuele kwaliteit wat gebied gaan word.

Kaartjies is soos volg te koop by die hekke :

  • Vrydag 10h00 tot 21h00
  • Saterdag 10h00 tot 15h00
  • Sondag 10h00 tot 13h00

Wees dus betyds om Kaartjies te koop!!

Daar is genoeg kuier plekke op die feesterrein met baie billike pryse dat die hele naweek lank gekuier kan word.

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *