Blog, Boere Mall, Lake Umuzi News

Boere Mall by Lake Umuzi – Plaasvars in jou bord!

Die afgelope Saterdag was die eerste Boere Mall by Lake Umuzi aangebied. ‘n Verskeidenheid van vars produkte, hand gemaakte en tuis gemaakte produkte kon aangeskaf word by die mark.

Die alom bekende boetiekbier wat deur Lake Umuzi Brewing Company vervaardig word, kon rustig deur mark gangers geniet word by tafels voor die brouery. Carnival Square, die grootste kinder klimraam in Afrika was weereens populêr onder die jongspan, dit het ouers in staat gestel om rustig deur die mark te wandel. Gesinne het ook ‘n rondte mini gholf gespeel by Rocky Waters. Na al die opwinding was die families bederf met ‘n keuse van 4 restaurante waar hulle middag ete kon geniet op Lake Umuzi Waterfront wat oor die meer uitkyk.

Organiseerders van Boere Mall, Valerie van den Bergh en Anita Truter was baie beindruk met die verskaffers en al die persone wat die mark kom ondersteun het. Die dames is positief oor die mark se groei potenstiaal en wil almal wat produsente van hand gemaakte en tuis gemaakte produkte uitnooi om hulle te kontak. Van den Bergh en Truter nooi ook al die boere in die omgewing uit om die geleentheid te gebruik om direk aan die verbruiker te verskaf. Secunda is verseker nie ‘n plaas dorpie nie maar gesonde, organise kosse is ‘n behoefte vir meeste inwoners van Secunda en omliggende dorpe. Die volgende Boere Mall sal op 23 Junie 2018 plaasvind.

Vir meer inligting skakel gerus vir Valerie op 078 398 9188.

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *