Blog, Lake Umuzi News

Drie dae Wyn-Makietie

Wyn-Inni-Tyn is ‘n jaarlikse instelling tydens die Umuzi Week of Festivals en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Vanaf 4 tot 6 Oktober vind die vierde Wyn-Inni-Tyn plaas by Boesies, die pragtige venue van Lake Umuzi. Hierdie jaar is dit drie dae wyn-makietie.

Getrou aan die standaard is van die beste Afrikaanse kunstenaars hier te sien. Donderdag, 4 Oktober gaan Jo Black en vriende die “Skepe” laat vaar op golwe van meer as 50 verskillende wyne. Vrydag, 5 Oktober maak Adam Tas die “Afrikagronde” druis op die maat van Robertson, John B, Doornkraal en velle meer. Saterdag, 6 Oktober herinner Jannie Moolman die kunstenaars, kluisenaars en kaal-voet kinders dat alle paaie nie noodwendig na Rome hoef te lei nie, maar wel na Lake Umuzi.

Om fees te vier is in almal se bloed en na ‘n dag of tien se ontspan sien ieder en elk weer kans om die realiteite vierkantig in die oë te staar. Die organiseerders van Umuzi Week of Festivals gaan werklik uit hulle pad om te verseker dat een van die realiteite nie ‘n persoonlike-finansiëlekrisis is nie. Daarom word al die toegangsfooie tydens die fees gesubsideer, om dit so bekostigbaar moontlik gemaak sodat elke feesliefhebber saam kan kom makietie hou.

Vrydag vanaf 14:00 en Saterdag vanaf 11:00 kan wynliefhebbers van meer as 50 uitgesoekte wyne kies om van te proe teen slegs R 50.00 per persoon. Wyne is ook teen kelderpryse te koop. Die toegangsfooi sluit in ‘n glas, ‘n Nib ‘n Sip bordjie en 25 wynproe kaartjies. Wandel tussen die wynstalletjies of vly neer op ‘n piekniekkombers onder die Wilgebome. Luister na die Franse klanke van Phillipe Abalovi of suiwer Afrikaanse klanke deur die bekroonde Petronel Baard en Stef Kruger. Nie-wyndrinkers en kinders se dagtoegang is gratis. Daar is springkastele wees vir die jong-klomp. Om 18:00 word die deure na die Marquee-tent oop gemaak en diegene wat sy dag/aandkaartjies aangeskaf het teen R 150.00 per persoon kan dan die tent binne gaan en die alom bekende Jo Black, Adam Tas of Jannie Moolman sien optree op die verskeie aande.

Vir die wyn-fanatikuste wat nie wil kies en keur tussen die verskillende aande of wyne nie, kan teen R 450.00 per persoon al drie die aande, asook altwee die wynproe dae kom deel hê aan die feestelikheid. ‘n Bonus van eenhonderd wynproekaartjies word ook by die toegangskaartjie ingesluit.

Hierdie is werklik ‘n sakpas wyn-makiete en geeneen het ‘n verskoning om die feestelikheid mis te loop nie.

[gdlr_button href=”https://umuzifest.co.za/wyn-inni-tyn/” target=”_blank” size=”medium” background=”#000000″ color=”#ffffff” border_color=”#999999″]KRY JOU KAARTJIES HIER[/gdlr_button]

Lees meer oor Umuzi Week of Festivals in die week se uitgawe van The Bulletin

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *