Lake Umuzi News, Events @ Lake Umuzi

Joshua na die reën – Familie Sondag

Joshua na die Reën - Familie Sondag

Jacques de Villiers, meer bekend as Joshua na die Reën (JNDR), is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer en musikant. Die talentvolle man het groot geword op ‘n plaas in Walkerville-omgewing, tussen Johannesburg en Parys. Dit is ook op dié plaas waar van sy musiek videos afspeel, onder andere Hardloop in die veld en Lig op die horison.

Dié verhoogkunstenaar het sy formele opleiding in 2010, by die Universiteit van Tshwane voltooi en is as top Jazz student aangewys. Hy het sy eerste album in 2013 vrygestel, genaamd Joshua na die Reën en sy tweede album in 2016 – Die wêreld binne my.

Sondag, 8 November is die derde Familie Sondag. Op dié dag, gaan Joshua na die Reën by Eish!! die kliënte met sy musiek bekoor wat handel van vrolik tot diep en sielvol.

Soos met die vorige Familie Sondae wil ons op die dag iets vir elkeen bied, jonk en oud. Daarom, met 1 kaartjie wat gekoop word vir die JNDR optrede, kry jy komplimentêre toegang na AquaZone Waterpark, 1 rondte Putt putt by Rocky Waters en die kinders onder 1.35 meter kan by Carnival Square gaan speel vir so lank as wat hul wil.

Natuurlik hoef jy nie alles te doen nie, maar ons wil vir jou die meeste waarde vir geld in die Post Covid tydperk bied. Daarom, het die vennote by die verskeie vermaaklikheidsbesighede, dit goed gedink om komplimentêre toegang te bied aan die persone wat ‘n kaartjie koop vir die optrede by Eish!!
Oupa en ouma kan die kleinkinders bederf deur hulle tydens die optrede, te laat baljaar in Carnival Square, of nogsteeds met 1 kaartjie kan die hele familie se golf talente op die proef gestel word by Rocky Waters na die optrede.

Alternatiewelik, kan die kinders hulle gaan honger speel by AquaZone Waterpark, terwyl pa en ma rustig sit en Joshua na die reën se uitsonderlike musikale talent waardeer.

Daar is soveel ruimte om die Familie Sondag pakket aan te pas soos dit jou gesin pas, dat daar werklik geen rede is vir jou om die geleentheid mis te loop nie.

Ons sien uit om te julle almal op 8 November by Lake Umuzi Waterfront te ontvang.

Kaartjies is vooraf en op die dag te koop by eish!!
Pryse is as volg:
R60 per kind onder 1.35 meter
R100 per volwassene
R60 per pensionaris.

Joshua na die Reën - Die Wêreld Binne My

Joshua Na Die Reën – Familie Sondag

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *