Blog, Events @ Lake Umuzi

Radiodrama-Slypskool Secunda

Radiodrama-Slypskool Lake umuzi Secunda

Wil jy graag leer hoe om ’n radiodrama te skryf?

Kobus Burger van RSG bied ’n dag lange, praktiese skryfkursus aan waarin hy die geheime en tegnieke van goeie drama en radiodrama verklap. RSG bied vanjaar weer die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie aan en die prysgeld beloop R115 000. Kom leer op ’n vermaaklike manier hoe om jou teks vir hierdie kompetisie te skryf en te slyp.

Leer wat word gereken as goeie radio-dialoog (en hoe dit klink!), hoe om spanning te skep en hoe ander skrywers daarin geslaag het om in die kompetisie uit te blink. Deelnemers sal ook hoor wat die mees algemene foute is wat beginner-skrywers maak en wat die beoordelaars vir nuwelinge aanbeveel.

Daar sal genoeg klankvoorbeelde wees om na te luister asook tyd om te skryf en te luister.

Die bekroonde radiodramaturg Hendie Grobbelaar sal ook vertel hoe en waar die radiogogga gebyt het en hoe sy haar twee gewilde radiodramas aangepak het.

Deelnemers sal ’n handleiding ontvang – wat nie algemeen beskikbaar is nie – en verskeie hulpbronne sal met kursusgangers gedeel word.

SPERTYD vir aansoeke is Vrydag 28 Mei.

Die slypskool is op enigiemand van 16 jaar en ouer gemik. Geen vorige ervaring in skryf is nodig nie.

Kobus Burger RSG

Kobus Burger

Kobus Burger is die uitvoerende regisseur: drama by RSG. Sy debuut-drama, Mara wie?, het in 2008 die top 5 van die Nagtegaal-tekskompetisie gehaal en is in 2011 met die ATKV Mediaveertjie vir beste radiodrama bekroon. Hy is in 2020 met ’n ATKV Mediaveertjie bekroon vir sy radiowerk en het ook die Cordis Trust se Orde van die Beiteltjie ontvang vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en woordkuns.
Hy is die voormalige kunsredakteur van Beeld en was ook vir sowat 18 jaar ‘n toneel-, musiek- en kabaretresensent. Hy was vir ‘n hele paar jaar die voorsitter van die Absa KKNK se Kunstekabinet en later die fees se programbestuurder. Hy skryf steeds weekliks vir die webblad SKROP, sy gedigte en kortverhale is al in die Tydskrif vir Letterkunde en Ons Klyntji gepubliseer en pleeg ander skrywes onder ’n skuilnaam wat hy weier om te verklap.
Naas die toneelverhoog en popmusiek, is kreatiwiteit sy ander passie. Hy is reeds in 2007 deur dr. Eric Maisel, die VSA se voorste kreatiwiteitsafrigter, opgelei om kunstenaars in bykans alle kunsdissiplines te help om hulle talent en kunstenaarskap uit te leef. Kobus se kreatiwiteitslypskole is al tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad en die Moshito-musiekkonferensie aangebied. Hy was ook tot ‘n deeltydse lektor in die joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria

Hendie Grobbelaar

Hendie Grobbelaar

Hendie Grobbelaar woon op Gouritsmond en is ‘n kortverhaalskrywer wat twee selfgepubliseerde kortverhaalbundels, onderskeidelik in 2016 en 2017, die lig laat sien het. Haar derde bundel “Maskermense” verskyn eersdaags by Naledi Uitgewers.

Sy het ook al stories in Vrouekeur en op verskeie platforms soos LitNet gepubliseer asook in twee van die Toyota US Woordfeesbundels. In 2019 word haar verhaal “Die ruimteskip” aangewys as die wenner van daardie jaar se kompetisie.
In 2019 debuteer sy as dramaturg met haar radiodrama “Johanna se Elvis” wat een van die finaliste was in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. ‘n Tweede radiodrama “Sterrereën” verower die tweede plek in dieselfde kompetisie in 2020 en is onlangs uitgesaai

Radiodrama Slypskool Secunda

Vir meer inligting kontak, Alma – 083 657 5411 /  [email protected]

 

Radiodrama-slypskool 2021 – Secunda

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

2 thoughts on “Radiodrama-Slypskool Secunda

  1. Frances says:

    Die vraag is natuurlik wat die koste verbonde is aan die slypskool

    1. Die koste vir die volle kursus is R800 per persoon

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *