Blog, Events @ Lake Umuzi

Laerskool Goedehoop se Warrior Princesses ‘n reuse sukses

Laerskool Goedehoop se Warrior Princesses wat op Saterdag, 26 Oktober by Lake Umuzi Kamp Oase aangebied is, was weer eens ‘n reuse sukses.

Altesaam 800 vroue wat deel was van 118 spanne het vroeg Saterdagoggend weggespring en mekaar oor hindernisse gehelp en vuil geword in die modder.

Me. Juanita Fourie, skakelbeampte van Laerskool Goedehoop en een van die organiseerders van die Warrior Princess, het gesê vanjaar se resies was wonderlik.

“Dit is nie ‘n kompetisie nie, ons bied dit aan vir vroue om hulself te geniet,” het sy gesê.

Spanne sukkel op Saterdag, 26 Oktober deur die bande by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess by Lake Umuzi Kamp Oase.

Die vroue het dit behoorlik geniet en mekaar in die water laat val by van die uitdagings en by ander mekaar aangemoedig om die uitdagings baas te raak.

Die hindernisbaan vanjaar het moeiliker hindernisse as verlede jaar gehad. Die vroue moes 19 hindernisse oorkom om die baan te voltooi. Die oudste vrou wat aan vanjaar se Warrior Princess deelgeneem het, is 68 jaar oud.

Dit was die derde agtereenvolgende jaar dat Laerskool Goedehoop die Warrior Princess aangebied het en hulle beplan om volgende jaar weer in Oktober een aan te bied.

Lake Umuzi Kamp Oase was die hoofborg van die Warrior Princess.

Me. Fourie het die ander borge wat Grip and Rip Crossfit, Applesoft, Langamed, Munni Rosslee Construction, SGB – Cape, De Stroom, Stealth, Noma Kanjani, Miladys, NTT Nissan, YN en Crawdaddy’s insluit, bedank.

Die Muddy Minions geniet op Saterdag, 26 Oktober een van die hindernisse by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess by Lake Umuzi Kamp Oase.

Spanne help mekaar uit die modderbad uit op Saterdag, 26 Oktober by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess by Lake Umuzi Kamp Oase.

Nadia Meiring van die Wild Honey’s-span neem op Saterdag, 26 Oktober aan Laerskool Goedehoop se Warrior Princess by Lake Umuzi Kamp Oase deel.

Die Buns on the Run-span spring op Saterdag, 26 Oktober weg by Laerskool Goedehoop se Warrior Princess-resies by Lake Umuzi Kamp Oase.

Oorspronklink verskyn op Ridge Times

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *