Events @ Lake Umuzi, Boesies, Idwala Adventures, Mvua Wellness Spa

Valentynsdag by Lake Umuzi

Valentynsdag by Lake Umuzi

Dag van liefde by Lake Umuzi – Secunda

“For this was on Saint Valentine’s Day
When every bird comes there to choose his match
Of every kind that men may think of
And that so huge a noise they began to make
That earth and air and tree and every lake
Was so full, that not easily was there space
For me to stand—so full was all the place.

Een van die meer romatiese legendes is dat die “dag van liefde” onstaan het deur die gedig Parliament of Fowls (1382) deur Geoffrey Chaucer.

Die werklike oorsprong van Valentynsdag is so vaag en misterieus soos die oorsprong van die Bermuda-driehoek. Verskeie legendes doen al jare die rondte dat die ontstaan van die naam Valentynsdag vanaf die Roomse Saint Valentine is, of dalk van Saint Valentino wat van Italianse afkoms was. Ons gee nie om nie. Die Italianse weergawe klink heelwat meer romanties. By Lake Umuzi moet ons ook soms geknyp word (excuse the pun) om te besef dat ons nie droom nie.

Waar anders in ons omgewing kan die kinders onder 1.35m in ʼn veilige omgewing op die grootste binnehuiseklouterraam in SA speel? Carnival square bied voltydse toesig terwyl mamma en pappa ʼn rustige ete by een van die vele restaurante op die Lake Umuzi waterfront geniet. By eish!! restaurant kry elke paartjie wat ʼn hoofgereg bestel, ʼn vars chocolate brownie nagereg as valentyns-geskenk. Sit buite op die dek en geniet elke oomblik van saamwees.

Valentine's day at eish

Vir die paartjies wat kinderloos is of ʼn kinderoppasser gekry het, is daar Upstairs Sky Bar. Op die stoep van die hoogste kuierplek in Secunda kan jy ʼn mengeldrankie bestel. Of bestel ʼn bier van die brouery of boetiek gin uit die distilleerdery op die perseel. Kyk hoe die son sak terwyl jy onthou dat Valentynsdag die dag liefde is.

Een van die legendes is dat hierdie die dag is wat vrouens hulle mans vir enige iets mag vra, en hy mag nie weier nie (die laaste deel het ek bygesit). Vrouens kan van die dag gebruik maak om hul maat aan die hand te lei na Mvua Wellness Spa en met ʼn vooraf bespreking, aanmeld vir ʼn maseringsbederf vir paartjies. Hier wag ʼn privaat dubbelkamer waar jy begroet word met romantiese musiek, roosblare en ʼn verfrissende bruisdrankie. Ontspan in mekaar se teenwoordigheid, terwyl die hande van ʼn kundige en professionele terapeut alle bekommernisse laat verdwyn.

Mvua Valentine 2023

Aan die ander kant van die waterfront met die ingang by South Bank, is Boesies restaurant en venues.
Hier word selfs die geharde realis ʼn romantikus. Neem jouself en jou geliefde op ʼn reis na ʼn rykmans-villa êrens vêr van die alledaagse lewe, terwyl jy ʼn yskoue bruisdrankie en keurig voorbereide canope’s langs die swembad van Boesies geniet. Die hoof- en- nagereg word in die nuwe glaskas bedien met romantiese musiek deur ‘n Franse minnesanger.

Boesies Valentine's day

As jy eerder iemand is wat die lewe as ʼn avontuur beskou en uitdagings jou kos en musiek is, stop by Idwala adventures. Hierdie is die enigste binnehuise 10m hoë rotsklimmuur in Mpumalanga. Hou jou maat se hand styf vas en betaal slegs vir een van julle. Met opgeleide instrukteurs om julle deurentyd by te staan met raad en daad, kan hierdie ervaring dalk net die mees romantiese aand van tye wees.

Idwala Adventures Valentine's

Eet saam, speel saam en wees lief vir rmekaar, by Lake Umuzi – Secunda
Vir meer inligting kontak 017 631 3452.

Valentynsday | Valentine’s day

author-avatar

About Alma Swart

Alma Swart is ʼn entoesiastiese aspirantskrywer wat enkele kortverhale gepubliseer het. Haar agtergrond strek van dramaprojekte met tieners vir die gewilde fliek Klein Karoo asook die betrokkenheid by feesbeplanning vir die KKNK en InniBos. Deesdae is sy deel van die Lake Umuzi feesspan waar haar passie vir beplanning en mense uitgeleef kan word.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *