Blog, Lake Umuzi News

Poena kuier by Lekke Fees

Robbie Wessels het in almal se harte ingekruip as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks, Gauteng-alêng-alêng. In 2005 het hy die land verras met sy sangtalent en sy album My Vissermanvriend se Pa het op die rakke verskyn en 120 000 kopieë is verkoop. In 2006 het hy sy tweede album Halley se komeet by KKNK (Klein Karoo Nationale Kunstefees) bekend gestel. Oor die jare het hy vele albums vrygestel met verskeie treffers wat elke Afrikaner ken; Leeuloop, Hou vas jou matras, Waar lê jy vanaand?, Verbode Vrugte, Asseblief my lief en nog vele meer.

Al Robbie se liedjies word uit persoonlike ervarings neergepen en dus maak dit elkeen uniek en oorspronklik.
“Afrikaanse musiek is een van my liefdes en ek hoop dat ek ‘n bydrae kan lewer. Dit is vir my ‘n plesier om vir die land en sy mense op te tree” vertel Wessels.

Robbie se passie vir Afrikaans en Afrikaanse musiek het dit vir die organiseerders van Lekke Fees ‘n absolute móét gemaak om hom op die lys van kunstenaars te plaas. Lekke Fees vind plaas by Lake Umuzi Kamp Oase, 28 en 29 September.

Robbie, Jan Bloukaas en Heidi tree Vrydag, 28 September op na ‘n lugvertoning deur die Flying Lions oor Lake Umuzi Kamp Oase.

Saterdag, 29 September gaan Lekke Fees voort met kunstenaars soos Brendan Peyper, Liezel Pieters en Appel.

Vroeë-voël kaartjies is slegs R150 per volwassene, R100 per persoon van 7 tot 17 jaar en R50 per kind van 2 tot 6 jaar.
Hierdie kaartjies sluit toegang na Lekke Fees in vir albei dae (28 en 29 September) Dit sluit ook komplimentêre toegang na AquaZone Waterpark en Carnival Square (B&V’s geld). Kaartjies is beskikbaar aanlyn of by Lake Umuzi Box Office.

Vir meer inligting kontak 072 580 8563

B&V – Carnival Square toegang is slegs vir kinders onder 1.35m.

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *