Blog, Lake Umuzi News

Lekker man, Lekker!

Umuzi Week of Festivals, ‘n hoogtepunt vir Secunda en die ganse Hoëveld, het vanjaar ‘n nuwe toevoeging gekry in die vorm van die Lekke Fees. Dié fees vind op 28 en 29 September plaas en die organiseerders het groot gegaan om waarde vir jou geld te verseker. Die Lekke Fees, vind plaas by Lake Umuzi se Kamp Oase aan die suidekant van Lake Umuzi Waterfront.

Wat gebeur alles by Lekke Fees?

Bekende kunstenaars soos Robbie Wessels, Brendan Peyper, Liezel Pieters, Appel, Heidi en Jan Bloukaas gaan saam met verskeie plaaslike kunstenaars optree. Daarbenewens kan besoekers uitsien na ‘n verskeidenheid stalletjies met handgemaakte produkte, plaasdiere, perderitte, kindervermaak, springkastele, biertuine en nog vele meer op die feesterrein. Die bekende Boere Mall wat maandeliks plaasvind by Artisan Square, Lake Umuzi gaan net vir die geleentheid verskuif na Lake Umuzi Kamp Oase en deel vorm van die Lekke Fees. Die Flying Lions gaan ook sorg vir groot opwinding Vrydagaand met ‘n lugvertoning oor Kamp Oase.

Lekke Fees Secunda

Wat sluit ‘n Lekke Fees kaartjie in?

  • Toegang na Lake Umuzi Kamp Oase, waar Lekke Fees plaasvind.
  • Komplimentêre toegang tot AquaZone Waterpark vir die naweek of ‘n gedeelte daarvan.
  • Kinders onder 1.35m kry komplimentêre toegang tot Carnival Square vir die naweek of gedeelte daarvan.
  • Korting by Rocky Waters waar kaartjiehouers teen slegs R25 per persoon per rondte ‘n putjie mini-gholf kan speel.

Wat is die kaartjiepryse?

Vroeë-voëltjie kaartjies (sluit 27 September 2018)

Volwassenes: R 150.00
Kinders, 2-6 jaar: R 50.00
Kinders, 7-17 jaar: R 100.00

Hekkaartjies:

Volwassenes: R 180.00
Kinders, 2-6 jaar: R 100.00
Kinders, 7-17 jaar: R 150.00

Waar is die kaartjies te koop?

Lake Umuzi Box Office, meer bekend as Secunda Ramers.
Aanlyn by https://tickets.tixsa.co.za/event/lekke-fees

Kan ek daar kamp vir die naweek?

Ja, teen R1200.00 per staanplek kan 6 persone in die moderne kampterrein kamp vir die naweek of ‘n gedeelte daarvan.

Die tarrief sluit in:

  • Kampering vir 6 persone vir die naweek of gedeelte daarvan
  • Toegang vir 1 voertuig
  • Komplimentêre toegang tot AquaZone Waterpark vir die naweek of ‘n gedeelte daarvan.
  • Kinders onder 1.35m kry komplimentêre toegang tot Carnival Square vir die naweek of gedeelte daarvan.
  • Afslag by Rocky Waters, kaartjiehouers kan teen slegs R25 per persoon per rondte ‘n putjie mini-gholf speel.

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *