Events @ Lake Umuzi, Zebra Lounge

MATHYS ROETS BY ZEBRA LOUNGE

Mathys Roets Zebra Lounge Secunda

Mathys Roets by Zebra Lounge

Die alom bekende Afrikaanse sanger, Mathys Roets, tree Woensdag 8 September en Donderdag 9 September by Zebra Lounge op. Hierdie spesifieke twee aande sal die gehoor Mathys van nader en intiem kan beleef, met slegs 40 kaartjies beskikbaar.
As gevolg van sy besige skedule is dit ‘n eer om Mathys by ons te kan hê. Wanneer hy nie optree saam Drie van die Bestes saam Danie Niehaus en Kevin Leo nie, kan mens hom ook sien as mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer.
Uit die perd se bek, Mathys sê “Die wonder van elke aand op ‘n ander plek sing is die vriende wat ek orals maak.” Mathys het werklik al ‘n string vol stories saam gereig deur sy jare van optredes en ons kan nie wag dat hy nog herhinneringe opbou saam met julle almal by Zebra Lounge nie.
Van lekker optredes by Beyerskloof en die ontmoeting van Beyers homself tot wind stille aande by Bushmanskloof, die man het uitmuntende dae agter hom en nog skitterende vertonings wat voor hom lê. Dit is werklik ‘n eer om Mathys by Zebra Lounge te ontvang volgende week Woensdag en Donderdag. Moenie hierdie optrede misloop nie!
Waar: Zebra Lounge
Wanneer: 8 & 9 September
Kaartjies: R150 per persoon (prys sluit een glas wyn of een bier in)
Kontak Lize vir kaartjies op 062 490 9584
Sien julle almal daar!

Mathys Roets Zebra Lounge Secunda
Mathys Roets
author-avatar

About Lize van Niekerk

Lize Van Niekerk is an easy going freelance content writer with a BA Visual Communication, a Masters in Fashion Merchandising and obtained an MBA in Marketing. She is always pushing the boundaries of knowledge and experience; with writing experience in the USA, she adds some flair to all her written work.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *