Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Kosmos 3 in 1 is terug

Kijima Kosmos 3 in 1

Ons is terug!

Lake Umuzi skud sy vere reg vir ʼn opwindende Maart 2022.
Na ʼn jaar van afwesigheid, wat ek seker is vir almal gevoel het soos dekades, het die Kosmos 3 in 1 uiteindelik weer aangebreek. Met ʼn nuwe komitee en Kijima Konstruksie as hoofborg, beloof die marathon om dieselfde opwinding te bied as elke jaar vantevore.

Lake Umuzi Waterfront is altyd ʼn miernes van aktiwiteite en opwinding oor hierdie naweek, en ons verwag niks anders die jaar nie.
Vir die laatslapers wat nie meer plek by Umuzi Lodge of ons twee hotelle, Merchant @ Lake Umuzi en InnGreen @ Lake Umuzi kan kry nie, het ons goeie nuus. Ons het nog staanplekke beskikbaar by Lake Umuzi Kamp Oase. Hier span jy uit op groen gras, met jou eie kragpunt en braaiplek. Bring jou tent, of karavaan en bly sommer vir die hele naweek. Vrydagaand kan jy ontspan op jou eie klein grasperk, terwyl die vure hoog brand. Die beginpunt van die Kijima Kosmos 3 in 1 marathon is stapafstand van die kampeerterrein af, dus word die vroegoggend warboel van skarrelende mede – marathonners uitgeskakel. Na ʼn lang dag op die pad, kan moeë spiere onder warm storte afgespoel word in ons skitterskoon moderne ablusieblok, of spring in een van twee swembaddens op die terrein. Nog beter …. besoek Mvua Wellness Spa, ons spa op die terrein, waar die rustigheid van ʼn kabbelende stroompie water jou help om te ontspan terwyl seer spiere deur kundige hande gevryf word. Bespreek betyds jou sessie op die spesiale aanbieding spesiaal vir die atlete.

Min dinge kan lekkerder wees as aandete op die kole en iets kouds in die hand nie. Na ʼn ontspannende aand onder die sterre, en ʼn welverdiende nagrus, is dit tyd vir ontbyt by eish!! Restaurant op die Lake Umuzi Waterfront. Sluit die naweek af by AquaZone Waterpark. Hier kan die hele gesin die swembad en glybane geniet terwyl somer nog aan ons kant is. Indien kampering nie vir jou is nie, kan die omliggende gastehuise in Secunda nog gekontak word vir akkommodasie. Moet ook nie vergeet van Graceland Hotel, Casino and Country Club nie.

AquaZone Waterpark

18 tot 20 Maart word ons feesgronde weer wakkergemaak vir die Lake Umuzi Lekker Fees. Met meer as tien van die land se gunsteling Afrikaanse sangers gaan ons Lekker kuier. Vrydag word die litte los gemaak met name soos Elvis Blue, Ruan du Toit, Liezel Pieters en Rooksein. Saterdagaand kuier ons verder met onder andere Jakkie Louw, Refentse en Adam Tas. Sondag se middagetevertoning sorg vir ʼn rustige einde na ʼn Lekker twee dae van saamsing en dans. Hoërskool Oosterland orkes gaan die dag open gevolg deur Mathys Roets, Cordelia en Pieter Smith. Alle akkommodasie is stapafstand en op dieselfde terrein as die feesgronde. Bespreek nou jou akkommodasie om teleurstelling te voorkom.

Saterdag, 26 Maart 2022, terwyl die kosmosse nog in volle blom is, sluit ons Maartmaand af met die Cosmos 3 in 1 Bergfietswedren... Dit maak nie saak of jy nog ʼn beginner is, en of jy al ervare is nie, met hierdie Megchem georganiseerde wedren, kry almal ʼn gelyke kans. Maak vroegtydig seker jou akkommodasie is bespreek, vir hierdie aksiebelaaide naweek.

Kosmos Maand by Lake Umuzi

author-avatar

About Alma Swart

Alma Swart is ʼn entoesiastiese aspirantskrywer wat enkele kortverhale gepubliseer het. Haar agtergrond strek van dramaprojekte met tieners vir die gewilde fliek Klein Karoo asook die betrokkenheid by feesbeplanning vir die KKNK en InniBos. Deesdae is sy deel van die Lake Umuzi feesspan waar haar passie vir beplanning en mense uitgeleef kan word.

One thought on “Kosmos 3 in 1 is terug

  1. Johannes Janse Van Rensburg says:

    It will, be my 11th Kosmos3in1 73,3km and aiming to 10 consecutive runs as a post cancer survivor and afor as I know nobody has done that. As a Thyroid cancer survivor since 2002, Kosmos3in1 was out of reach in the beginning but now it is my best and favourite race.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *