Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Liewe Heksie by Umuzi Kunstefees

Liewe Heksie kom kuier by Umuzi Kunstefees

Vanaf 4 tot 7 Julie vind Umuzi Kunstefees plaas by Lake Umuzi Waterfront. Met van die land se top produksies wat te siene gaan wees. Die jongspan word bederf met ‘n kuier van Liewe Heksie, Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat.

Liewe Heksie vlieg die land vol!

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!), kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier die land vol met twee lekker stories in een vertoning! Liewe Heksie word aangebied met die trotse ondersteuning van die, Van Loveren Wyne, Hollywood Costumes, Lift, Britz Couriers and Removalsen WS Pianos.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde.Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees? Die maats moet kom uitvind by die Umuzi Kunstefees.

Bederf die kleinspan–en jouself–deur nou vir hierdie wonderlike produksie te bespreek!

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

Related Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *