Lake Umuzi News

LAERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS 27 JANUARIE 2024

LAERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS 27 JANUARIE 2024

Die laerskole se atletiekbyeenkoms is uit die blokke op 27 Januarie 2024, by die Lillian Ngoiy Stadion, oorkant die pad van Lake Umuzi Waterfront.

Vir die ouers en deelnemers van Laerskool Impala, Orion Laerskool en Laerskool Taalfees wat saam met ons eie Laerskool Goedehoop aan hierdie atletiekbyeenkoms gaan deelneem, het ons uitstekende nuus. Lake Umuzi beskik oor verskeie akkommodasie opsies, restaurante en aktiwiteite.

As akkommodasie-opsie vir die gesin, is Umuzi Lodge, slegs ‘n klipgooi van die atletiekterrein en om jou verblyf vanaf die Vrydagmiddag te bespreek, verseker dat die jong Usain Bolt in jou gesin, vars en uitgerus is vir sy of haar atletiekitem die Saterdag. By Umuzi Lodge kan jy kies tussen vierslaapplek en sesslaapplek, ten-volle toegeruste selfsorgeenhede. ‘n Buitebraaiplek sorg vir ‘n privaatkuier-area met ‘n vakansiegevoel.

Kamp Oase is Lake Umuzi se kampterrein. Hier kan jy uitspan op ‘n grasbedekte staanplek. Elke staanplek het sy eie kragpunt en kraan. Die moderne en skitterskoon ablusie het warmwaterstorte sowel as -familiebadkamers. Gerieflik geleë is ook twee swembaddens waarvan een binneshuis en een buite is. Tussen die lowergroenbome vergeet jy baie maklik dat die inkopiesentrum slegs 1km weg is. Geriefliksheidshalwe is daar ‘n kiosk met die nodigste noodvoorraad op die terrein.

Saterdagaand na die atletiekbyeenkoms kan jy trots Suid Afrikaner, ‘n vleisie op die kole gooi en met ‘n lafenis in die hand, die sonsondergang bewonder en die dag se skolepret bespreek.

Indien jy verkies dat jou kos reeds voorberei is en die skottelgoed deur iemand anders gewas word, is daar ‘n keuse van nege restaurante op die perseel.

Ingesluit in jou tweedag-akkommodasie, is komplementêre toegang na Aquazone waterpark. Dus kan die atletiekdeelnemers die bedrywighede naweek afsluit deur van hulle laaste adrenalien op die waterglywurm ontslae te raak. Terwyl die jonger besoekers in die water baljaar, kan mamma en pappa ‘n heerlike onspannende masseersessie by Mvua Wellness Spa geniet, waarna die lang pad huis toe aangepak kan word.

 

author-avatar

About Alma Swart

Alma Swart is ʼn entoesiastiese aspirantskrywer wat enkele kortverhale gepubliseer het. Haar agtergrond strek van dramaprojekte met tieners vir die gewilde fliek Klein Karoo asook die betrokkenheid by feesbeplanning vir die KKNK en InniBos. Deesdae is sy deel van die Lake Umuzi feesspan waar haar passie vir beplanning en mense uitgeleef kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *