Hennie's Secunda

Hennie’s is vernoem na die stigter, Rikus (oftewel Jonathan van RadioRaps) se bullterrier, Hennie.

Rikus het sy inspirasie gekry in Amerika en het sodoende Hennie’s se vibe en look ontwerp…American Sports Bar but with a real South African flavour. Die vibe word rerig geskep deur die massiewe hoeveelheid TV’s – BAIE, BAIE TV’s – wat elkeen sy eie decoder het sodat jy JOU sport kan kyk, maak nie saak waar jy sit nie!

Hennie’s het ook ‘n stel huisreëls wat gerespekteer moet word. Enige iemand wat die reëls verbreek (soos om nie met die linkerhand te drink nie) sal ‘n geelkaart gegee word en as jy ‘n rooikaart ontvang wanneer jou waiter sy fluitjie blaas… wel, jy kan self jou verbeelding gebruik wat dan gebeur! Die unieke playlist wat in die agtergrond speel (as daar nie ‘n massiewe game op is wat die surround sound verg nie) sluit legendes in soos Bruce Springsteen, ABBA, Creedence en vele meer! Elke liedjie is spesiaal gekies deur Rikus en liedjies word gereeld ‘ge-Schazam’ soos mense dit geniet en daarna heerlik saam sing!

Hennie’s is geplak en gepleister met fotos van Hennie, Inge en Frik en ook die nuutste toevoeging tot die familie, Abraham. Jy kan ook op die menu kies van, onder andere, 4 ‘signature’ pizzas: die Hennie, die Inge, die Frik of die Abraham Calzone. Watse een lyk soos jou tipe pizza?

By Hennie’s is jy verseker van die beste tjoppie en ‘n koue doppie wat jy kan geniet saam metou en nuwe vriende – Suid-Afrikaners wat die liefde vir sport, goeie kos en musiek met jou kan deel!

OUR MENU

TRADING HOURS

Monday – Friday: 10:00 – 23:00
Saturday: 8:00 – 23:00
Sunday: 8:00 – 17:00

Please note – The waterfront gates CLOSE at 22:00 please make sure you come early.

CONTACT DETAILS