Photo Required

BOEREMUSIEK NAWEEK 21 & 22 Oktober 2022

Hierdie geleentheid gaan iets wees om in jou dagboek aan te teken.
Ons beplan `n heerlike Boeremusiekfees vir 21 en 22 Oktober by Lake UMUZI Waterfront in Secunda.

Die karavaanpark (Kamp Oase) kan ongeveer 80 karavane akkommodeer en daar is ook 45 Chalets beskikbaar vir mense wat nie wil kamp nie.
Vir die kinders is daar baie te doen terwyl Ma en Pa lekker kuier met die Boeremusiek.Die AquaZone Waterpark beskik oor die volgende:
• 5 water glybane binnenshuis
• Alle weerstoestande Super Tube
• Fast river tube slide
• Blue mamba high-speed slide
• Lazy river ride
• Baby pool & slide
• 25 meter binnenshuise swembad

Daar is ook `n Carnival square met die grootste Jungle Gym in Afrika vir kinders wat nie langer as 1,35 m is nie.

Die karavaanpark het `n spnverhitte binneshuise swembad en`n koue swembad buite, netjiese ablusiegeriewe en speelparkie vir kinders.

Die waterpark met supertubes, binne waterglybane is binne loopafstand en ingesluit by die kamptarief.
Daar is ook muur rotsklim geriewe en put-put bane, teen `n minimale fooi beskikbaar. Baie restaurante is binne loopafstand van die kamp. Daar is ook “catch & release” hengel beskikbaar. Bring net jou eie visgerei saam. Vir die dames is daar ‘n lekker Spa waarheen julle kan ontsnap vir ‘n onstpannende massering

Ons program gaan as volg uitsien:

Vrydag: Slaan karavaan op. Vanaand kuier ons in die Wilge Lapa met musikante wat vir ons Boeremusiek maak. Toegang sal slegs R50 per person wees. Elkeen bring sy eie mandjie met drink en eetgoed saam. Daar is braaigeriewe, Bring net eie hout saam as jy wil braai.

Saterdag: ons maak musiek vanaf 9h00 die oggend tot 23h00 die aand by Eish en toegang is gratis. Mandjies word nie toegelaat nie, want `n kroeg en restaurant is beskikbaar.
Sondag: Eish restaurant bied `n Ontbyt aan teen slegs R29 per kop.

Die volgende musikante gaan deelneem aan ons fees

Dagbreek Orkes
Kleilatte Orkes
Hannes Schoeman
André van Deventer
Robbie Holm
Gert Liebenberg
JR Olivier (Doen Randall Wicomb se musiek uitstekend)
Mike Cothill
En natuurlik al die ondersteunende musikante

As daar nog musikante is wat wil kom saam kuier Saterdag, kan hulle my kontak om `n speelbeurt te reel (082 873 8310).

Bespreek nou jou plek by 017 631 3452

NAWEEK DOEN DINGE

AKKOMMODASIE OPSIES

Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark

Minimum 2 aande bespreking.

Umuzi Lodge

  • 4 Slaper – R 1 480 pn (R 370 per persoon per nag wat deel (pppnwd))
  • 6 Slaper – R1 800 pn (R 300 pppnwd)
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • B’s & V’s geld
  • Minimum 2 aande bespreking

The Merchant @ Lake Umuzi

  • Die tariewe is vir 2 persone wat deel
  • Dubble B&O – R 545 pppn
  • Suite B&O – R 645 pppn
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • B’s & V’s geld
  • Minimum 2 aande bespreking

InnGreen Hotel

  • Die tariewe is vir 2 persone wat deel
  • Slegs die kamer – R 590 pn
  • Dubbel B&O – R 385 pppn
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • Minimum 2 aande bespreking

AKKOMMODASIE OPSIES

Umuzi Lodge

  • 4 Slaper – R 1 480 pn (R 370 per persoon per nag wat deel (pppnwd))
  • 6 Slaper – R1 800 pn (R 300 pppnwd)
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • B’s & V’s geld
  • Minimum 2 aande bespreking.

The Merchant @ Lake Umuzi

  • Die tariewe is vir 2 persone wat deel
  • Dubble B&O – R 545 pppn
  • Suite B&O – R 645 pppn
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • B’s & V’s geld
  • Minimum 2 aande bespreking.

InnGreen Hotel

  • Die tariewe is vir 2 persone wat deel
  • Slegs die kamer – R 590 pn
  • Dubbel B&O – R 385 pppn
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark
  • Minimum 2 aande bespreking.

Kampeer opsies

Kamp Oase Kampering

  • Afgemerkte staanplek
  • Krag punt & Braaier
  • Slegs 1 voertuig per staanplek
  • Sluit in komplimentêre toegang na die vertoning en AquaZone Waterpark

Tariewe

  • Staanplek – R100 per aand
  • 13 jaar en ouer – R100 pppn
  • 6-12 jaar – R60 pppn
  • 0-6 jaar – Gratis

Minimum 2 aande bespreking.

Alle tariewe is onderhewig aan verandering sonder enige kennisgewing