Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Die jaar 2022 in ‘n neutedop

[vc_row][vc_column][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]“As we express our gratitude, we must never forget that the highest appreciation is not to utter words, but to live by them.” – John F. Kennedy

So kom 2022 tot ʼn einde. As ons na sy twee voorgangers, 2020 en 2021 kyk, kan ons met dankbaarheid hierdie jaar afsluit en saam met die mense van ons dorp, terugkyk na nog ʼn suksesvolle jaar by Lake Umuzi in Secunda.

Lake Umuzi is een entiteit wat uit verskillende besighede bestaan. Elke besigheid het in sy eie reg bygedra om 2022 ʼn suksesvolle jaar te maak. So was daar nuwe toevoegings tot die Lake Umuzi familie.[/vc_column_text][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]By Boesies is die permanente tent vervang met ʼn moderne gebou. Groot vensters reg rondom gee die illusie dat jy in die tuin sit met ʼn waterstroom wat reg langs jou verby vloei. Op 21 Mei word die Glaskas, soos hy bekend staan, geopen met die troue van Mnr en Mev Kies. Mag hulle nog vele jare van geluk en voorspoed beleef.

Boesies was bevoorreg om aangewys te word as ʼn venue om Cederberg wyne se Shiraz-fees aan te bied. Die Glaskas het homself tot sy reg verleen, en meer as tweehonderd mense kon in gemak en styl tot laataand kuier.[/vc_column_text][vc_single_image image=”18851″ img_size=”full” parallax_scroll=”no” woodmart_inline=”no”][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]In Februarie maak Idwala adventures sy deure oop vir die meer advontuurlustiges. Op hierdie 10m hoë klimmuur kan oud en jonk, met hulp en bystand, adrenalien deur hul are laat bruis.

Die eertydse teater, beter bekend as die Basement Theatre, het sy aftree-skoene aangetrek en plek gemaak vir Blazing guns. Hierdie nuwe laserspeletjie-speelplek bied aksie-vermaak vir die hele gesin.

[/vc_column_text][vc_single_image image=”19423″ img_size=”full” parallax_scroll=”no” woodmart_inline=”no”][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]Die Nederduits Hervormde Kerk Eendracht het na ʼn afwesigheid van twee jaar, hul jaarlikse fees op die feesgronde van Lake Umuzi gehou. Meer as 1000 mense is deur die hek om hul ondersteuning te wys. Die fees is afgesluit met ʼn kragtige vertoning van Steve Hoffmeyer op die oopverhoog van die feesgronde.[/vc_column_text][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]Dan is daar die nou-al bekende gebeurtenisse wat jaarliks by Lake Umuzi plaasvind.

Die jaar het afgeskop met die Kosmos 3-in-1 marathon wat gehou is vanaf 4 tot 6 Maart. Die begin -en -eindpunt van die marathon word al vir die afgelope 17 jaar by Lake Umuzi gehou. Aangesien Kamp Oase loopafstand van beide begin en eindpunt is, kon die marathonners wat oorgebly het gedagtes uitruil onder die sterrehemel.[/vc_column_text][vc_video link=”https://youtu.be/NYL9xT-nsTk” align=”center” image_poster_switch=”no” title=”Kosmos 3 in 1 Marathon”][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]In die middel van Maartmaand was dit tyd vir die Lekker Fees. Die fees het ʼn verskeidenheid van bekende kunstenaar op die verhoog gehad. Ruan du Toit, Elvis Blue, Refentse en nog vele meer het gesorg vir saamsing, lag en pret in Afrikaans. Kamp Oase was weereens die gekose plek om uit te span, net ʼn klipgooi van die fees af.[/vc_column_text][vc_single_image image=”19428″ img_size=”full” parallax_scroll=”no” woodmart_inline=”no”][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]Eish restaurant het op 1 April weereens ʼn baie suksesvolle “Craft Beer and Gin” fees gehou. Uitstallers van oraloor het kom wys waarom juis hulle produk die lekkerste is.

Terug op die feesgronde was die bekende gedruis van opwinding toe die tente vanaf 26 Mei opgesit word vir die jaarlikse Misty Waters Music Festival. Van 29 Mei tot 1 Junie het nasionaal, sowel as internasionaal- bekende musiek die aandlug gevul. Oud en jonk het hul feesvere reg geskud en op maat van die musiek alle sorge agterweë gelaat.[/vc_column_text][vc_video link=”https://youtu.be/sBWb2QTRpAY” align=”center” image_poster_switch=”no” title=”Misty Waters Music Festival 2022″][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]Die Lake Umuzi National Rally het 10 en 11 Junie plaasgevind. Die adrenalien het gevloei en die harte van hierdie sport-entoesiaste het behoorlik geklop.

Oktober maand is tradisioneel bier-fees maand. By Eish restaurant hou ons feestelik by hierdie tradisie. Hierdie jaar het ons dit saam met voete-jeuk boeremusiek gehou.

Eish! restaurant het hierdie jaar sy dek ingespan as Bok Park en gesorg vir sportmansgees soos net ons Suid Afrikaners kan. Na uitbundige aansporing vir elkeen se gunstelings rugbyspan, kon almal lywe swaai en die litte losmaak tot laataand. As dans nie jou ding is nie kon jy net ontspan en luister na kwinkslae van ons land se voorste kunstenaars. Bok van Blerk en Schalk Bezuidenhout is maar twee van de bekende kunstenaars wat die Bok Park stampvol gehad het en die mense op hul voete.

Reg bokant eish! is Upstairs Skybar die Kubaanse, asook hoogste kuierplek in Secunda. Amar Lammar is nie net ʼn professionele buikdanser nie, maar gee ook klas in die besonderse dans. By Upstairs Skybar het sy vele mense met haar professionele sensuele danspassies vermaak.[/vc_column_text][vc_video link=”https://youtu.be/YJUckH3s5wg” align=”center” image_poster_switch=”no” title=”Amar Lammar by Upstairs! Skybar”][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]Die jaar 2023 hou vele beloftes in. The Market @ Lake Umuzi is die nuwe uitbereiding wat deel vorm van die waterfront. Die splinternuwe Ocean Basket en Moo Moo’s, asook Lake Umuzi Brewing Company het reeds hul intrek geneem. So gaan verskeie ander winkels ook vroeg gedurende die nuwe jaar hulle intrek neem.

Ons sal die mense van Secunda op hoogte hou.

Ons as Lake Umuzi sê dankie vir julle ondersteuning en wens almal ʼn geseënde feesgety toe. Indien jy met vakansie gaan, wees veilig en kom uitgerus terug.

Feesgroete, vanaf Lake Umuzi Waterfront.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *