Blog, Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Dit is ‘n Lekker Fees!!

Lekker Fees Blog

Lekker Fees

Kom ons loop nou maar padlangs.
Min woorde val so goed op die oor as die woord LEKKER. Dit kan enigiets beskryf – van ʼn soen tot ʼn goeie Afrikaanse liedjie. Van jou ma se bord kos tot ʼn naweek saam met jou beste pelle.
Een van die lekker vakansienaweke hierdie jaar is 18 tot 21 Maart en dit is toevallig dieselfde naweek wat Lake Umuzi se LEKKER FEES plaasvind. Toevallig? Nee man, sommer net lekker.

Om hierdie naweek behoorlik lekker te maak, bring ons meer as tien van hierdie land se gunsteling Afrikaanse musikante bymekaar – vir jou genot en omdat ons ‘n lekker klomp mense by Lake Umuzi is.
Nou vra jy my, wat kan ons verwag tydens hierdie lekker naweek? Hou vas my glas, hier gaan ons:

Vrydag, 18 Maart 2022, maak die hekke na die feesgronde om 14h00 oop. Kampeerders wat vroeër wil uitspan, kan egter van vroeg af of selfs ʼn dag voor die tyd, teen geen addisionele koste, hul kampplek reg kry.

Braai en kuier saam met plaaslike kunstenaars wat almal sal gereed maak, vir wat volg. Sodra die son sak, word die feesgrond gevul met die melodies van Afrikaanse talent en die lirieke van treffers wat deur die hangende takke en blare van die wilger bome wat die dam omring, fluister. Liezel Pieters open die naweek amptelik, gevolg deur die nuwe sensasie, Rooksein, Ruhan du Toit (van Touch of Class faam) en Elvis Blue.

Na ʼn jolige Vrydagaand, kan jy Saterdagoggend om 08h00 die mistigheid af draf, met ons plaaslike Parkrun reg langs die Waterfront, of kom eet ontbyt by Eish!!, dit is nou as hardloop vroegoggend nie deel van jou beplanning is nie.

Gauteng se gholf entoesiaste hoef nie hul weeklikse gholfspel te mis nie. Beproef gerus die uitdaging wat die Gary Player ontwerpte binnelandse Links gholfbaan bied, reg langs Lake Umuzi. Bespreek ʼn rondte gholf by Graceland Casino & Country Club of probeer die Walker Park Golf Club slegs 15km weg.

Terwyl die gholfers gholf speel, kan die res op die glybane van AquaZone Waterpark baljaar of die jongspan kan inboek by die grootste binnehuise speelpark, Carnival Square. Speel ‘n rondte avontuurgholf by Rocky Waters of geniet die aksie van Blazing Guns Laser Tag.

Of, waarom nie die regte ding doen in ons binnenshuise Pistool Skietbaan, 1834 Tactical nie.
Terwyl die dames kyk wat te koop is by die plaaslike Boeremall, van plaasgemaakte kaas en tuisgebak tot leerprodukte en meer, kan die spiertiere Idwala Rock Adventures se nuwe klimmuur probeer. Groter groepe kan selfs inboek vir Aksie Krieket, Netbal of Hokkie reg langs Kamp Oase.

Saterdagmiddag maak die hekke weer om 14h00 oop vir die Dag Feesgangers, na die Biertuin en kosstalletjies. Sodra die son sak, word die Lekker Feesgrond weer gevul met melodies van ons Afrikaanse talent.
Jakkie Louw skop Saterdagaand af gevolg deur Blackie Swart en sy orkes. Daarna het ons vir Refentse en Adam Tas. Jakkie sluit weer Saterdagaand af.

Na ʼn lekker Sondagontbyt, is daar weer kans vir die Waterpark. Sondag maak die hekke om 10h00 oop vir ʼn middagete-vertoning. Hoërskool Oosterland se orkes begin die verrigtinge, gevolg deur Matthys Roets, Cordelia en Pieter Smith. Geniet Sondagaand die rustigheid langs die kampvure.

Maandag is daar nog genoeg tyd vir ʼn laaste gly en swem na ontbyt, voordat daar stadig maar seker reggemaak word om huiswaarts te keer. Kampeerders wat die volle dag nog wil geniet, kan sonder kostes eers Dinsdag die kampterrein verlaat.

Om die Lekker Fees Naweek nog lekkerder te maak, is ingangsfooie baie billik. Ingang na die Lekker Fees en AquaZone glybane is komplimentêr vir kampeerders en gaste wat die naweek by Umuzi Lodge, The Merchant Hotel of InnGreen ingeboek het.

Om dit vir jong families lekker maklik te maak, is dit absoluut gratis vir kinders onder 6 jaar.

3-DAG NAWEEK TOEGANG NA DIE LEKKER FEES EN AQUAZONE WATERPARK
⋅ 13 jaar en ouer R300 pp*
⋅ 6 tot 12 jaar R180 pp*
⋅ 0 tot 6 jaar Gratis
* Toegang vir die hele naweek of gedeelte daarvan.

1-DAG TOEGANG NA DIE LEKKER FEES ALLEENLIK
⋅ 13 jaar en ouer R150 pppd
⋅ 6 tot 12 jaar R 80 pppd
⋅ 0 tot 6 jaar Gratis

Besoek die Lekker Fees webblad vir meer inligting en vir besprekings te Umuzi Lodge, The Merchant Hotel, InnGreen @ Lake Umuzi en Kamp Oase.
In terme van die huidige Covid-19 regulasies, kan ons slegs 2000 mense toelaat. Moet dus nie wag nie, bespreek nou aanlyn of mis lekker uit!

Lekker Fees

Lake Umuzi Lekker Fees

author-avatar

About Lize van Niekerk

Lize Van Niekerk is an easy going freelance content writer with a BA Visual Communication, a Masters in Fashion Merchandising and obtained an MBA in Marketing. She is always pushing the boundaries of knowledge and experience; with writing experience in the USA, she adds some flair to all her written work.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *