Lake Umuzi News

Kamp dit uit

Die jaar is amper op sy rug en jy verdien rus!

Jaar na jaar ontvlug die Gautengers die besige stad en verruil dit vir ‘n bedrywige kus dorp – gevul met Gautengers. Wat is die ander opsie?  Jan tuis bly se karretjie.. verseker nie!

Hier op jou stoep is ‘n Oase wat vir jou wag!

Lake Umuzi Kamp Oase se splinternuwe kampterrein spog met 70 lieflike kampeer staanplekke, elke staanplek ingerig met braai fasiliteite, ‘n krag punt en ‘n kraan.

Die kampterein is toegerus met ‘n klimraam, binne- en buite swembaddens. Moderne ablusieblokke en lekker dik kikuyu gras onder jou voete.

Nie net kan jy in luuksheid kamp nie, maar ook is hier hope aktiwiteite vir die hele gesin.

Kampeerders kry gratis toegang na AquaZone Waterpark wanneer dit oop is. Die waterpark bestaan uit 5 water-glybane en ‘n verhitte binneshuise swembad.

Carnival Square – die grootste klimraam in Afrika sal verseker jou kleinding laat baljaar vir ure.

Hengel – Lake Umuzi spog met monster karpe, bass en babers.

Veilige stap en fietsry roetes rondom die dam.

Sondae tree kunstenaars op by Eish!! Restaurant wat sal versker vir ‘n heerlike Sondag middag ete saam met die familie.

Kampeer tariewe is so ontwerp om jou sak te pas:

Sleg R100 per staanplek per nag, R50 per persoon per dag, maksimum 6 persone.

Jou troeteldier is ook welkom teen R50 per dag. (Bepalings en voorwaardes geld)

Vir besprekings kontak 017 631 3452/41 of [email protected]

Troeteldiere Terme en Kondisies

  • Jou troeteldier moet teen alle tye op ‘n lui band wees.

  • Eienaars is verantwoordelik vir die skoonmaak en verwydering van alle troeteldier ontlasting.

  • Lake Umuzi aanvaar geen verantwoordelikheid vir die veiligheid van enige troeteldiere nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *