Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

6 LEKKER DINGE OM TE DOEN TYDENS ERFENISNAWEEK

6 Lekker dinge om te doen vir Erfenisnaweek

Erfenisdag is altyd ‘n spesiale dag vir Suid Afrikaners. Met ons land se ryke verskeidenheid van kulture, is elkeen se erfenis uniek en word op verskeie wyses uitgebeeld.
In 2020 voel dit of ons nie baie het om oor fees te vier nie, maar met die seisoens verandering voel dit tog of daar lig aan die einde van die tonnel is.

Ons, by Lake Umuzi, vier die verskuiwing na vlak 1 van die Grendelstaat met ‘n klomp lekker dinge wat by die Waterfront gaan gebeur oor die naweek van 24 September 2020.

1. AquaZone Waterpark

AquaZone Waterpark

Pret op die glybaan by AquaZone Waterpark

Na die skielike sluiting van die Waterpark, sowel as baie ander ontspannigs sentrums, in middel Maart, kan ons nou met vreugde weer die deure oopmaak. Veiligheidsmaatreëls is steeds van toepassing en sosiale afstand moet gehandhaaf word, maar wees gerus – dit sal nie die pret inperk nie.

 

2. Carnival Square

Carnival Square

Kinders wat speel in Carnival Square

Die Grendeltyd het gesorg vir baie kosbare familie tyd, maar ons besef ook dat die kleinspan ‘n area nodig het waar hulle kan speel en verdwaal in ‘n oerwoud van kleure, glybane, en ‘n groot balput. Dit alles terwyl jy, as ouer op Eish!! se dek kan sit, en ‘n rustig ‘n glasie kan klink, terwyl jou kind hom of haarself gate uit geniet.

3. Familie Sondag

Vir ‘n familie om iets te kry om te doen op ‘n Sondag wat almal se smaak pas is moeilik, maar ons het die perfekte oplossing. Vir die res van die jaar sal daar 4 datums wees wat sal verseker dat die hele gesin dit kan geniet.
Sondag, 27 September 2020, is die eerste van die Familie Sondae. Op die dag hoef jy nie te kies tussen al die lekker dinge wat daar te doen is by Lake Umuzi nie, ons maak dit vir jou maklik.

Teen slegs R60 per kind onder 1.35m en R100 per person daarna kan jy toegang kry tot die volgende:

• Optrede deur Anna Davel op Eish!! se dek om 11h00.
• Toegang na AquaZone Waterpark vir die dag of gedeelte daarvan
• 1 Rondte Putt putt by Rocky Waters
BONUS vir die kleinspan: Alle kinders onder 1.35m kan ook by Carnival Square speel, na hartelus, vir die hele dag of gedeelte daarvan
Kaartjies is te koop by Eish!! of AquaZone Waterpark op die dag.

4. Kamp Oase

Lake Umuzi Kamp Oase
Ons besef die skole het nie Vrydag, 25 September, verklaar as ‘n skole vakansiedag nie. Dit beteken nie dat jy Jan-tuis-bly-se-karretjie moet ry nie. Kom kamp by Lake Umuzi Kamp Oase en kry daai wegbreek gevoel. Donderdag kan gebruik word om kamp op te slaan en die dag in die natuur te geniet, dalk kan pa selfs ‘n lyntjie natmaak. Boetie en Sussie kan steeds Vrydag skool bywoon en na skool weer aansluit by die kamp-pret vir die naweek. Beste van alles is, as jy jou kurktrekker by die huis vergeet het, kan jy hom sommer gou-gou gaan haal.

5. Zen Garden

Zen Garden

Zen Garden Band

Sentreer jou aura en kry jou innerlike zen by Zebra Lounge, met Zen Garden wat Vrydag, 25 September optree. Die optrede begin om 20h00 en toegang is gratis.

6. Boere Mall

Boere Mall by Lake Umuzi
Saterdag, 26 September is die maandelikse Boere Mall waar allerhande handgemaakte en tuisgebakte produkte gekoop en geniet kan word..

 

Familie Sondag

Erfenisnaweek by Lake Umuzi Waterfront, Secunda

 

 

author-avatar

About Rolin Booysen

Rolin Booysen is an enthusiastic marketer at Lake Umuzi, Mpumalanga. She graduated with a B.Com Marketing Management degree from the University of Pretoria. She loves planning events and enjoyed being part of events such as Aardklop, KKNK, Skouspel and Umuzi Week of Festivals, to name a few.In her free time she enjoys outdoor activities, jogging, fishing and hiking.

One thought on “6 LEKKER DINGE OM TE DOEN TYDENS ERFENISNAWEEK

  1. George Lyon says:

    Dankie Rolin vir al die moeite wat julle doen. Sal beslis van die geleenthede bywoon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *