
Meer inligitng:
Die eerste Leesfees vir Secunda word vanaf 27 Februarie tot 1 Maart by Lake Umuzi gehou. Vanaf 27 tot 28 Februarie bied van die bekendstes in die bedryf, verskeie werkswinkels aan. Bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Saterdag 1 Maart kan jy kom luister na bekende skrywers oor hul nuutste boeke en die proses om die finale produk op die rakke te sien. Kontak Alma by 083 657 5411 of e-pos [email protected]
waar:
Makoro - Boesies ingang by Lake Umuzi Suid Bank, 1 Kingfisher straat.
Binne 'n uur en 'n half se rit van Johannesburg.
Fiksieskryf-werkswinkel
Donderdag, 27 Februarie, gaan Secunda se eerste Leesfees voort met 'n fiksieskryf-werkswinkel, aangebied deur Dibi Breytenbach en Hannes Barnard. Sluit aan by 'n insiggewende werkswinkel wat jou sal toerus met praktiese hulpmiddels en wenke om jou eie fiksie te skryf. Hierdie werkswinkel fokus op:
-'n Beter begrip van die plaaslike mark
-'n Beter begrip van die skryfproses
-Insae in die bedryf en hoe om jou manuskrip voor te lê en te bemark
-Hoe om navorsing aan te pak
Fynproewer - Kos-en-wyn-pas
Vrydagaand 28 Februarie is die amptelike - opening van die Umuzi Lees-en kosfees. Boplaas wyne in samewerking met Charlotte en Cobus van Dyk, bied n 5 gang kos-en-wynpas aan, terwyl Dana Snyman en Susan Coetzer amusante staaltjies uit hul reise en ervarings, met Ilse Salzwedel "skrywers en boeke (RSG )" deel. Tian Nienaber 'n bekende sanger en liedjieskrywer, sorg vir uitstaandegehalte musiek. R440.00 per persoon verseker 'n onvergeetlike aand. Navrae en besprekings: Alma 0836575411
Tjoklits en Bubbly saam met
Susan Coetzer
Kom geniet Tjoklits en Bubbly saam met Susan Coetzer
- skrywer, aktrise, motiveringspreker en skilder op
Saterdag 1 Maart om 14:00
Ilse Salzwedel sal met haar gesels oor haar roman Haas en Harriët, 'n inspirerende verhaal oor ma's en dogters. Vir besprekings volg asb die skakel of kontak Alma 0836575411
Boekgesprekke
Is jy gereed vir ’n dag propvol stories, boeke, en opwinding? Kom ontmoet jou gunsteling skrywers, ontdek inspirerende nuwe boeke, en geniet die feestelike atmosfeer wat wag by Lake Umuzi! 🌟
Lake Umuzi bied ook ’n verskeidenheid akkommodasie-opsies aan. 🛏✨ Maak jou verblyf deel van die ervaring en beplan nou jou perfekte wegbreek!
Kontak ons vir meer inligting:
📧 Navrae oor verblyf: [email protected]
📧 Navrae oor die fees: [email protected]
📞 Skakel/WhatsApp 017 200 3303 (na ure) 083 657 5411
Die program vir die Lees- en Kosfees is nou beskikbaar—moenie hierdie unieke ervaring misloop nie! Ons sien uit daarna om jou daar te sien! 📖✨
Akkommodasie
Opsies

Umuzi Lodge
Gerieflike verblyf, vir gesinne en groepe wat 'n huislike atmosfeer verkies.
Slaapplek vir 4-6 mense.

Reservation Enquiry

Inn Green Hotel
Inngreen is 'n eko-vriendelike hotel, waar moderne geriewe en volhoubare leefstyl saamvloei.
Slaapplek vir 1-2 mense.

Reservation Enquiry

The Merchant Hotel
Gesofistikeerde en luukse akkommodasie.
Slaapplek vir 1-2 mense.

Reservation Enquiry

Kamp Oase
Skoon en moderne geriewe verseker 'n onvergeetlike kampervaring.

Reservation Enquiry!
- Slegs een voertuig per staanplek.
- Karavaan/kampvoertuig.
- Braai-area op elke staanplek.
- Kragpunt.