Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Umuzi Kunstefees 2024

Die eerste Umuzi Kunstefees in Secunda het al ons verwagtinge oortref!

Ons opregte dank aan elke feesganger, kunstenaar en ondersteuner vir julle entoesiasme en passie vir die kunste. Sonder julle sou die fees nie kon plaasvind nie en ook nie so ʼn groot sukses wees nie.

Die energie en geesdrif was magies – van die boeiende teatervertonings en musiekoptredes tot die fassinerende uitstallings en interessante boekgesprekke wat in die Living Art Galery gehou is. Die kunstegemeenskap se deelname en aanmoediging het ons gedra en geïnspireer.

Umuzi Kunstefees 2024

Daar was teatervertonings vir klein en groot. Liewe Heksie het bekoor en Dinner for One het die hartsnare geroer. Die eenvrou-vertonings deur onderskeidelik Lizz Meiring en Marion Holm het gesorg vir skaterlag en ʼn welkome verposing van die alledaagse bestaan. Frank Opperman se Reünie het almal hul verlede laat herleef.

Aan musiek was daar ook geen tekort nie. Die fees het afgeskop met ʼn asemrowende laservertoning op die maat van musiek deur Hollowbody en Albert Frost. Neil Sandilands en sy band het die Umuzi-fees by sy landwye toer ingesluit en die gehoor gelaat met ʼn nuwe bewustheid oor Afrikaanse musiek.

Dinner for One | Sopper vir Een

Die kookdemonstrasies deur Herman Lensing en Lochner de Kock het die opgewonde gehoor aangespoor om ook hul resepte te probeer.

Die oorweldigende ondersteuning en entoesiasme deur die mense van Secunda het ons oortuig dat daar weer ʼn Umuzi Kunstefees moet wees! Ja, jy het dit reg gehoor – hierdie was net die begin. Ons is daartoe verbind om ons nasionale talent te koester, ten toon te stel, kreatiwiteit te bevorder en selfs meer innoverende en opwindende kunservarings na ons gemeenskap te bring.

Lizz Meiring

Lizz Meiring Umuzi Kunstefees 2024

Versprei solank die woord!

Die volgende Umuzi Kunstefees beloof om nog groter en beter te wees, met meer kunstenaars, optredes, werkswinkels en aktiwiteite vir almal. Saam sal ons voortgaan om die kunste in Secunda te vier en op te hef.

Weer eens, dankie aan die inwoners van Secunda en omgewing, dat julle in ons glo en die eerste Umuzi Kunstefees ’n onvergeetlike viering van kreatiwiteit en kultuur gemaak het. Ons sien uit daarna om in die toekoms nog meer, en beter, kunsherinneringe saam met julle te skep.

Die Umuzi Kunstefees-span

Liewe Heksie

Liewe Heksie Umuzi Kunstefees 2024

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *