Lake Umuzi News

Roos en Rosslee vier 33 jaar

[vc_row][vc_column][vc_column_text woodmart_inline=”no” text_larger=”no”]

Roos en Rosslee bedank Secunda vir 33 Jaar

Hiermee wil ek die mense van Govan Mbeki bedank. Julle het nie net vir Roos en Rosslee die afgelope 33 jaar vertrou nie, maar ook die ander besighede wat daaruit gespruit het soos Dupcrete, MunnikRosslee, AquaZone, eish!!, Boesies, Mvua Spa en natuurlik Lake Umuzi Waterfront.

Dis vir my en my vennote, Serene Rosslee, Johan Munnik, Martin Keyser, Meghan Keyser, Rikus Radley, Roelof Stander, Gregg Missenden, Rolin Booysen en Lumart Smith ‘n voorreg om deel van hierdie gemeenskap en omgewing te wees.

In 1989, ses maande voor die ontbanning van die ANC en die aankondiging van die vrylating van Nelson Mandela, het ek as 25 jarige in Secunda aangekom, min wetend van wat voorlê. Dit was na die Tiananmen Square massamoord in Beijing en voor die val van die Berlynse muur. Tenspyte van die onsekerhede met die aanloop tot die verkiesing in 1994, asook die wittebroodtyd onder President Mandela, het die mense van Secunda en omliggende dorpe dit deurentyd moontlik gemaak dat ons as span kon floreer.

Alhoewel daar steeds uitdagings is wat vir die wêreld, ons land en ons area voorlê, sien ons uit na die toekoms.
Ons besef hoe bevoorreg ons was en kyk met vertroue vorentoe

Baie dankie
Johan Rosslee
.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *