Blog, Events @ Lake Umuzi, Lake Umuzi News

Roos & Rosslee se 30ste verjaarsdag

[vc_row][vc_column][vc_column_text]Roos en Rosslee Konstruksie wil graag die gemeenskap van Secunda en omgewing, Bethal, Standerton, Ermelo en Kriel nooi om 30 jaar van genade te vier te Lake Umuzi Waterfront.

Vanaf Vrydag, 26 Julie tot Sondag, 28 Julie kuier ons op die hoofdek tussen Eish!!, Dros en Ocean Basket met die Boere Mall se stalletjies Vrydagaand en Saterdag.

Ingang na dié dele en stalletjies is heeltemal gratis en almal is welkom.

Boere Mall

Die maandelikse Boere Mall gaan alreeds Vrydagaand hul stalletjie “deure” open vanaf 15h00 tot 19h00 en dan weer Saterdag vanaf 09h00 tot 15h00. Kom kry gerus al jou vars- en handgemaakte- produkte hier. Daar gaan ook ‘n paar addisionele stalletjies wees wat nie normaalweg by ‘n Boere Mall te sien is nie.

Vir die Kinders

Vir kinders onder 1.35m is Carnival Square, ‘n absolute klim-en-klouter hemel, beskikbaar teen slegs R60 vir die dag.  Rocky Waters het ‘n 18-putjie avontuurgolfbaan teen slegs R40 per rondte. Die splinternuwe Panda’s Cue sport spog met ‘n 8 tot 18 jaar akademie.

Vrydag, 26 Julie

THE DULLY BUGGERS, met Country Reggae en Folk musiek, al die die pad van Dullstroom, skop die pret af om 15h00. ZEBRA, ‘n Folk-Rock groep volg daarna wat mense behoorlik op hulle voete sal hê. Die aand se sterre is SUNSET SWEATSHOP met hulle uiters gewilde treffer “Coming along”.


Saterdag, 27 Julie

ls daar heeldag vermaak op die dek met verskeie kosse, boetiek bier en gin stalletjies. Die hoogtepunt is Saterdagaand met die alom bekende SPOEGWOLF wat ook onlangs hier by Misty Waters Musiekfees opgetree het en die mense gaande gehad het met hulle optrede.

Sondag, 28 Julie

Raak dinge ‘n bietjie rustiger. Die Ghoema-bekroonde sanger, ELANDRÉ, sluit vir ons die naweek af om 12H00.

Geniet ‘n naweek van feesvieringe wat jou sak kan pas. 
Sien jou daar.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_video link=”https://www.youtube.com/watch?v=gCVYLKXfbFc” align=”center” image_poster_switch=”no”][/vc_column][/vc_row]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *