Blog, Lake Umuzi News

Lekker speelpark, lekker aktiwiteite, gelukkige kinders, salige ouer!!

Vakansie !! Dit is waarna skoliere die meeste uitsien. Maar Ai, as ouer kan dit soos ‘n berg voor jou lê. Werkende ouers?… Hoe hou jy jou kinders besig?

Kindervermaak is gewoonlik duur en hou hul gewoonlik net ‘n paar uur besig. Wat doen die besige bytjies die res van die dag en vakansie?

WAG WAG WAG… Lekke Fees is die antwoord!

Stel jou voor ‘n hele naweek, met ander woorde, drie dae wat jou kind vermaak word, waar hy kan speel tot sy gô uit is en dan nóg ‘n bietjie langer.

Lake Umuzi Kamp Oase word 28 en 29 September in ‘n kinderhemel omskep, met 10 springkastele van verskillende groottes en ‘n waterglybane van so hoog as 13m!

Daar is ook natuurlik kleiner springkastele vir die jonger kinders om te kan geniet. Hek toegang sluit al die glybane in dus kan jou kind soveel keer af gaan as wat hy wil.

Lekker Kinder Pret by Lekke Fees

Lekker pret vir kinders by Lekke Fees

29 September is daar ‘n “Petting Zoo” met ‘n verskeidenheid van plaasdiere wat bekyk, ervaar en gestreel kan word. Daar is selfs gratis ponieritte vir die jongspan.

Lekker ponieritte vir kinders

Carnival Square spog met die grootste kinderklimraam in Afrika. Normaalweg is toegang vir 2ure, R50 per kind. Tydens Lekke Fees kan kinders onder 1.35m die hele naweek, elke dag, heeldag, gratis by Carnival Square kom speel.

Lekker pret vir kinders by Carnival Square

AquaZone Waterpark se normale tarief is R60 per persoon onder 1.35m en R100 per persoon langer as 1.35m. Die Lekke Fees kaartjies sluit gratis AquaZone toegang in vir Vrydag, Saterdag en Sondag.

Dit is nie al nie,…

By Lekke Fees gaan daar in die Toyville tent Mister Maker aktiwiteite wees waar kinders hul kreatiewe kant kan kom uitleef.

Stratcon, Julani Sekuriteit en GPF gaan Saterdag, 29 September 11:30 ‘n aksie demonstrasie doen. Verskeie reptiele gaan vertoon word en ‘n praatjie oor die gevare van dwelms en vreemdelinge sal aangebied word. Hierna gaan ons ‘n hoë-spoed kaping demonstrasie beskou.

Kry jou paspoort tot ‘n naweek vol pret vir die hele gesin by Eish!!, AquaZone Pool Hyper, Lake Umuzi Box Office of aanlyn.

Koop vroeg en spaar

Vroeë-voël naweek kaartjie:
(slegs beskikbaar tot 28 September)

  • 2-6 jaar R50
  • 7-17 jaar R100
  • Volwassenes: R150

Heknaweek kaartjie:

  • 2-6 jaar R100
  • 7-17 jaar R150
  • Volwassenes: R200

Program opsomming:

Vrydag, 28 September
14:00 Hekke, Biertuine en Speelpark Open.
14:30 Mister Maker aktiwiteit by Toyville tent
17:00 Heidi
17:50 Harvards vliegtuie lugvertoning
19:30 Jan Bloukaas
21:00 Robbie Wessels
22:15 Vincent Gordon

Saterdag, 29 September
10:00 Hekke, Biertuine, Speelpark en Petting Zoo Open10:00 Petting Zoo open
11:00 Havards vliegtuie lugvertoning
10:00-12:00 Mister Maker aktiwiteit by Toyville tent
11:00 Stratcon Aksie Demonstrasie en Reptiel vertoning
12:00 Kannie Warries Boere Orkes
12:00-14:00 Mister Maker aktiwiteit by Toyville tent
14:00-16:00 Mister Maker aktiwiteit by Toyville tent
17:05 Rugby SA vs Aus
19:00 Liezel Pieters
20:15 Brendan Peyper
21:30 Appel

Vir meer inligting skakel gerus 072 580 8563

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *