Blog, Lake Umuzi News

Jo Black by Wyn-Inni-Tyn 2018

Jo Engelbrecht, beter bekend as Jo Black, het ‘n kitaar as geskenk gekry op die ouderdom van 15 en so het sy droom vlerke kry. Hy wou graag ‘n rockstar wees. Dit was nooit die plan dat ‘n album sou vrygestel word nie.

“Dit was eers toe Johan Voster, (‘n musiekvervaardiger) my genader het dat ek geïnspireerd gevoel het om dit aan te pak,” vertel Jo vir SARIE.com (2/12/2016).

Jo se langloopbaan het in kroeë begin. Daarna was dit lofprysing en aanbidding by kerke. Daarna was dit motiverings praatjies by skole. Dit het baie vining aandag getrek by die media. Die publiek was gefasineerd deur die man met die groot baard en tatoeërmerke wat kinders adviseer en moed inpraat in ‘n moeilike samelewing. So het “Be that Guy Roadshow” ontstaan. Jo en twee van sy vriende wou iets positief vir die samelewing bring met stories wat opbouend is en mense motiveer om ‘n verskil te maak.

Jo Black se debuutalbum, Skepe, se hooftema is hoop. “Ek glo dis die een ding waarvan almal ‘n bietjie meer nodig het.” (Vrouekeur 11/7/2017). Dit is duidelik uit alles wat Jo aanpak, dat hy ‘n verskil wil maak in mense se lewens wat na sy musiek of praatjies luister.

Donderdag, 4 Oktober is Jo Black by Wyn-Inni-Tyn by Boesies, Lake Umuzi. Kom deel saam in sy positiewe uitkyk en sy kweking van hoop!
Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.umuzifest.co.za of by Lake Umuzi Box office – 082 461 3821.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *