Blog, Lake Umuzi News

Wees vir ‘n slag iemand anders se ‘hero’!

Het jy al ooit ‘n sterk wil gehad om iemand in nood te help, maar nie regtig geweet hoe om hulle te help nie? Wel hier is jou kans!

Lake Umuzi se ICE Fest op Saterdag, 6de Mei 2017!

Daar sal tonne dinge wees om jou mee besig te hou terwyl jy jou goeie daad vir die dag doen! Soos vertonings deur Klikkerland en PJ Pretorius by Eish!! Suid-Afrikaanse Kombuis.

Klikkerland kaartjies is R80 per persoon en sluit ingang na Carnival Square vir die dag ook in.

Aktiwiteite is beskikbaar om almal besig te hou soos –

  • Carnival Square – R45 (speel so lank as wat jy wil).
  • Rocky Waters – R25 per ronde.
  • ‘n Sop kompetisie – beoordeling word om 12:30 gedoen, al die sop word geskenk aan minderbevoorregdes.
  • ‘n CPF demonstrasie word vertoon sowel as Paws in the Park skep die waarborg van ‘n opwindende en besige dag vir die hele gesin!

Doen iets om terug te gee soos om bloed te skenk of om ‘n blikkie kos te skenk of ALTWEE!

Kontak ons om te help om jou deel te doen by 072 580 8563 of stuur ons n epos na [email protected]

Almal benodig hulp in ‘n sekere tyd van hulle lewe, hoekom help jy nie om die las ‘n bietjie ligter te maak nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *